Castbox – dis hoe jy na Eensgesind kan luister

0

Die voordeel van klankleêr (potgooi) programme is dat mens dit kan luister in sogenaamde dooie-tyd. Die tye wat jy bestuur, oefen of selfs skottelgoed was, is verlore tyd wat mens voorheen nie veel kon benut nie. Gelukkig is daar nou verskeie toepassings wat jou instaat stel om jou alledaagse takies en verpligtinge op te kikker. Hieronder gee die Eensgesind Span ‘n paar praktiese stappe om ons gunsteling klankleêr toepassing af te laai.

(Indien jy ‘n Apple Iphone het, is die Eensgesind Klankleêrs ook beskikbaar op Itunes)

STAP 1

Op jou Android slimfoon, klik op die Play Store ikoon.

STAP 2

2.1 Sodra Google Play oop is, sal die vertoonskerm as volg lyk.

2.2 Tik in Castbox by die soek area.

3.3 Klik op Castbox – Free Podcast & Audio

STAP 3

Klik op Install om die toepassing te installeer.

STAP 4

Selekteer die Castbox toepassing op jou foon se tuisblad skerm.

STAP 5

5.1 Tik “Eensgesind” in die soekbalk.

5.2 Klik op Eensgesind Klankleêrs.

STAP 6

6.1 Klik op Subscribe om op hoogte te bly van ons nuutse programme en reekse.

6.2 Om die episodes op jou slimfoon af te laai, klik op die pyltjies soos aangedui hieronder.

STAP 7

7.1 Die Eensgesind Klankleêr kanaal sal jy dan maklik kan vind onder die Subscribe afdeling

7.2 Klik op die Eensgesind Klankleêr logo om toegang te kry tot die kanaal.

Kontak ons by info@eensgesind.com indien jy verdere hulp of inligting nodig het.

 

Deel.

Oor die Outeur

Skryf jou repliek hier