Laai Gebeuree

« Alle Gebeure

Op die spoor van Stellenbosch & die Wes-Kaap se vroeë geskiedenis

Februarie 21 @ 6:00 nm

Dr Janette Deacon, ‘n internasionaal bekende argeoloog en eerste voorsitter van Erfenis Wes-Kaap, praat oor die vroeë geskiedenis van Stellenbosch en die Wes-Kaap.

Dr Deacon was oor jare nou betrokke by betekenisvolle argeologiese uitgrawings en dokumentering van rotskuns, waarvoor sy die UNESCO en die Wêreld Erfenis Konfensie se medalje ontvang het. Drie van die uitgrawings waarby sy betrokke was, word binnekort as Wêreld Erfenis terreine erken. Haar praatjie word toegelig met illustrasies van dié terreine en van merkwaardige rotskuns in die Wes-Kaap. Die meeste van dié rotskuns is nie vir die publiek toegangklik nie. Sy sal ook praat oor die oudste erfenisterrein in Stellenbosch, waarvan min inwoners in die dorp bewus is.

Dr Deacon is op 21 Februarie om 18h00 aan die woord by die Stellenbosch Universiteit Kunsmuseum in Ryneveldstraat, as gas van die Stellenbosch Erfenis Stigting. Die Suid-Afrikaanse Erfenis Vereniging sal ‘n goue medalje vir haar bydrae tot die veld aan haar oorhandig. Die Erfenis Stigting se algemene jaarvergadering word vooraf, van 17h30 – 18h00 in die raadsaal van die Kunsmuseum gehou. Wyn en verversings word van 17h30 bedien vir almal wat die praatjie deur Dr Deacon bywoon.

RSVP by admin@theoffices.co.za voor of op 19 Februarie 2018.

Ruimtelike beplanning en die Wes-Kaap se vroeë geskiedenis

Vir amper ‘n miljoen jaar was die inheemse mense van die Wes-Kaap Steentydperk se lewenstyl so buigbaar om goed te kon aanpas by klimaatsveranderinge en die beskikbaarheid van water, vleis en groente.  Argeoloë het baie bewyse opgebou vir hierdie aanpassings van oorblyfsels in grotte, rotsskuilings en oop plekke, waarvan sommige betekenisvol genoeg is om genomineer te word vir die Wêrelderfenisstatus. Die Wet op Nasionale Erfenis-hulpbronne vereis dat plaaslike regering ondersoeke doen van erfenisbelangrike terreine sodat hul ligging gekarteer en in ag geneem kan word wanneer ontwikkelingsbeplanning plaasvind. Sodra die munisipaliteit weet waar erfenishulpbronne geleë is en hoe belangrik dit is in terme van gradering, kan hulle teenwoordigheid gebou word in ruimtelike beplanning, bewaring en bestuur. Baie min argeologiese en paleontologiese terreine is ingesluit in die plaaslike regering se ontwikkelingsplanne, maar dit is nou tyd om hulle te integreer en onnodige vernietiging van bewyse te voorkom wat nooit weer geskep kan word nie. Die praatjie sal sommige van die belangrikste plekke en die redes vir die bewaring daarvan illustreer.

Besondehede

Datum:
Februarie 21
Tyd:
6:00 nm

Plekke

Stellenbosch Universiteit Kunsmuseum
52 Reyneveld St
Stellenbosch, Wes-Kaap 7600 South Africa
+ Google Kaart
Telefoon:
021 808 3695