Eensgesind se Klankleêr programme

0

Eensgesind is opgewonde om die volgende programme te loods wat beskikbaar sal wees as klanklêers. Gaan soek gerus vir ons Klankleêr kanaal op Castbox, Soundcloud en Apple Itunes. Klik op die logo-skakels hieronder om die kanale te besoek.

PADLANGS

Hierdie program fokus op die geheime agter elke monument wat langs Suid-Afrikaanse paaie en in die verskillende dorpe/stede skuil.

REDE UIT DIE VERLEDE

Suid-Afrikaanse vraagstukke het elkeen ‘n historiese bron van oorsprong maar bitter min mense soek na die begin van ‘n probleem om vas te stel waarom die teenswoordige bevolking met die probleem stoei. Rede uit die verlede nooi deskundiges van die verskillende velde van geskiedenis om die nodige diagnose te maak sodat ‘n moontlike oplossing gevind kan word.

GEO-EK

Suid-Afrikaanse entrepeneurs word deesdae al hoe meer bekend met die moontlikhede van invoerbare hulpbronne uit ander dele
van die wêreld. GEO-EK bied ‘n verklarende verslag oor gekose lande se moontlike hulpbronne, infrastruktuur en die status quo is ten opsigte van dié land se regering.

SHOPTALK

Shop Talk bied die geleentheid vir reeds suksesvolle besigheidsmans en/of vroue om hul besigheidslesse met die res van ons te deel

‘n SELDE GESPREK

Ons gesels met dinamiese individue wat mens selde deur die loop van ons alledaagse lewe sal ontmoet. ‘n Selde Gesprek word gevoer in die langvorm formaat. Dus volg die gesprek sy natuurlike gang en kan sprekers komplekse begrippe en idees ten volle bespreek.

Deel.

Oor die Outeur

Skryf jou repliek hier