O’Neil’s Cottage: aan die voet van aMajuba

0

Die huisie waar vredesonderhandelings tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het, het destyds aan ‘Ou Gert’ O’ Neil behoort. Sy broer John het die plaas ‘Stonewall’ in 1878 gekoop en aan hom oorgedra. Hy en sy vrou, Elizabeth Maria (geb. Crouse) het daar gewoon vanaf 1878 tot en met sy dood in 1907, en die familie is begrawe in die begraafplaas agter die huisie.

Van die Britse gesneuweldes (van die Slag van aMajuba) is in die voortuin begrawe. Die huis is in 1942 tot ‘n Historiese Monument verklaar, en het in 1969 ook Nasionale Monumentstatus gekry. Dit behoort tans aan mnr. en mev. Thompson van Newcastle, en word met die Erfenisstigting se hulp onderhou.

In 2013 is die huis noukeurig gerestoureer en ‘n museumuitstalling is ingerig. Tydens die openingsfunksie in Maart 2014 was daar lede van die O’ Neilfamilie teenwoordig, en is die gaste o.a. met ‘n vertoning deur die Dundee Diehards vermaak.

Die huis is geleë aan die N12 tussen Volksrust en Newcastle.

Historiese foto van die kothuis met aMajuba in die agtergrond.

Die openingsfunkie, Maart 2014

Tydens die openingsfunksie is gaste vermaak deur hierdie groep rooibaadjies (Dundee Diehards)

Op hierdie foto sit ‘Ou Gert’ O’Neil voor die huisie.

Toegang kan verkry word deur te toeter- daar is ‘n opsigter wat agter die huis woon en die huis sal oopsluit vir besoekers.

 

Deel.

Oor die Outeur

Riana Mulder hanteer navrae oor die ES se eie erfenisterreine en ander bewaringsaangeleenthede waarby die maatskappy betrokke is, asook navrae oor museumverwante aangeleenthede, insluitende die Ossewabrandwagversameling. Sy is verantwoordelik vir die EBB-projek (Erfenisbewarings-bewusmaking), doen tans navorsing vir 'n resepteboek gekoppel aan Pretoria se geskiedenis, en dien op die Raad van die Oorlogmuseum van die Boererepublieke.

Skryf jou repliek hier