Soldaat met twee grafte?

0

Wijnand “Vic” Hamman

‘n Padlangs Noordwes-artikel

Wat het gebeur?

Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) geniet nog nie dieselfde vlak van belangstelling as die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 nie. Met die eeufeesvieringe van die eersgenoemde oorlog amper verby, is dit dalk nodig dat die gewone burger kennis neem van Suid-Afrika se belangrike rol in die eerste “totale oorlog” van die 20ste eeu. Dit sal handig te pas kom wanneer ‘n mens die merkwaardige storie van onderkorporaal Wijnand “Vic” Hamman bestudeer.

Hamman het  in die dorpie Lichtenburg grootgeword. Hy het die Anglo-Boereoorlog oorleef en sy militêre opleiding met die Transvaal Scottish Regiment (TS) voltooi. Na sy diensplig het hy eers ʼn paar jaar lank vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk tot met sy aansluiting by die 2de Suid-Afrikaanse Infanterieregiment in 1915. Hy het net-net die Slag van Delvillebos misgeloop, maar sedert sy aankoms in Frankryk het hy saam met die Delvillebos-veterane in die noordelike streke van Frankryk geveg. Hy is in Oktober 1916 as onderkorporaal aangestel en het op 12 April 1917 by die dorpie Fampoux gesneuwel.

Leë graf van Wijnand “Vic” Hamman, Lichtenburg se historiese begraafplaas

 

Padlangs gevind

Wat maak hom so besonders? Hamman se oorskot is by Fampoux begrawe (by die Brown’s Copse Statebond Grafkommissie-begraafplaas), maar sy moeder, Johanna Hamman, het vir hom ‘n graf uitgelê met ‘n grafsteen daarby in Lichtenburg se historiese begraafplaas (waar generaal Koos de la Rey ook begrawe is). Wijnand “Vic” Hamman het dus twee grafte, maar teoreties lê sy oorskot net in een. Die vraag is dus: Lê daar wel iets begrawe in sy Lichtenburggraf?

Loading
Center map
Traffic
Bicycling
Transit

 

Vir meer inligting oor Vic Hamman, besoek die volgende skakel:

http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/26218

 

om die akademiese artikel te besigtig.

Deel.

Oor die Outeur

Emile Coetzee is a dosent in Geskiedenis by NWU Mahikeng. Hy is ingeskryf vir sy MA in Geskiedenis by die NWU Vaal Driehoek kampus. Hy het by die Universiteit van Pretoria 'n BA graad (Geskiedenis en Argeologie as hoofvakke) in 2008 voltooi en in 2010 sy BHCS graad in Geskiedenis en 'n Nagraadse diploma in Museum en Erfenisbestuur by dieselfde universiteit gekry. Tesame met sy skryfwerk vir vakjoernale en ander akademiese publikasies, skryf hy ook artikels, resensies en kortverhale vir die breër leserspubliek.

Skryf jou repliek hier