Skotse rompe vir Afrika: “Shop talk”-onderhoud met Egbert Harmse

2

‘n Shop Talk-onderhoud

Cargokilts

Die Comaroffs (John en Jean) van Harvard Universiteit oortuig die leser in hul boek Ethnicity Inc. hoe dit deesdae moontlik is vir winkeliers en vervaardigers om ‘n goeie inkomste te verdien uit die vervaardiging van tradisionele items soos kleredrag en ander bykomstighede. “Commodifying descent” noem hulle dit in hoofstuk 4.

In Kya Sands, Johannesburg, vind ‘n mens die verwerkliking van hierdie begrip met die besigheid Cargokilts wat sedert 2010  deur die enkeleienaar en amptelike “kilter” van Suid-Afrika, Egbert Harmse, bedryf word:        

Egbert Harmse

Aanvanklik ‘n ingenieur van beroep, het Egbert vir homself ‘n nis in die tekstielmark uitgekerf, waar hy mense met Kalidoniese verwantskap help om ‘n kilt te weef volgens hul familie se spesifieke patroon, bekend as ‘n tartan.  Sodoende help dit die gebruiker van sy produkte om hom/haar met sy/haar identiteit te vereenselwig en om hulle bande met die verlede, veral hulle familie s’n, te verstewig.

Sy ander produk is die “kilts” wat van ‘n sterker materiaal gemaak word, wat nie ‘n spesifieke “tartan”-patroon volg nie. Dus die naam Cargokilts; maar daar is meer oor Egbert as net die daaglikse weef van Skotse rompe.  In die onderhoud kom ‘n baie unieke storie uit sy verlede na vore, wat elke luisteraar behoort te verstom en te vermaak.

Om meer oor Egbert se perspektiewe ten opsigte van sy besigheid en sy produkte te hoor en om natuurlik uit te vind wat met hom gebeur het, laai gerus die potgooi af en luister saam na ‘n bietjie “Shop Talk”.

Deel.

Oor die Outeur

Emile Coetzee is a dosent in Geskiedenis by NWU Mahikeng. Hy is ingeskryf vir sy MA in Geskiedenis by die NWU Vaal Driehoek kampus. Hy het by die Universiteit van Pretoria 'n BA graad (Geskiedenis en Argeologie as hoofvakke) in 2008 voltooi en in 2010 sy BHCS graad in Geskiedenis en 'n Nagraadse diploma in Museum en Erfenisbestuur by dieselfde universiteit gekry. Tesame met sy skryfwerk vir vakjoernale en ander akademiese publikasies, skryf hy ook artikels, resensies en kortverhale vir die breër leserspubliek.

2 kommentare

Skryf jou repliek hier