Welkom by Eensgesind

0

Welkom by Eensgesind!

By Eensgesind glo ons aan die waarde van kollektiewe intellektuele kapitaal. Ons is verbind tot die uitruil van kennis en die waarde van ‘n samehangende gesprek. Ons glo in leersame en stimulerende inhoud. Ons put waarde uit die ervaring van diegene wat voor ons gekom het. Ons wil ʼn bydrae lewer tot die besprekings en moontlike oplossings vir die vraagstukke van vandag en môre.

Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie, maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hulle nie in hulle alledaagse lewe sou teëkom nie.

Eensgesind wil aktuele, relevante en interessante programinhoud by wyse van klanklêers en geskrewe inhoud voorhou. Ons bied eietydse en pasgemaakte media aan gebruikers wat hulle in hulle sogenaamde vrye tyd kan benut. Eensgesind hoop om deur opbouende en konstruktiewe inhoud op te hef, te bemagtig en te inspireer.

Die Eensgesind Webblad

Eensgesind verskaf aan gebruikers twee vorme van pasgemaakte inhoud, naamlik geskrewe inhoud, asook klanklêers (ook bekend as “potgooiprogramme”). Klanklêers vorm die basis van die webtuiste deurdat hierdie lêers Eensgesind in staat stel om gebruikers toegang te gee tot langvormgesprekke met of monoloë deur merkwaardige persone en/of deskundiges waartoe Eensgesind se gebruikers nie normaalweg toegang sou kon verkry nie. So verskaf Eensgesind Media ‘n mediavorm wat stimulerend en intellektueel verrykend is. Die doel van die klanklêers is om gebruikers toe te laat om die inhoud in hulle vrye/“dooie” tyd te kan geniet, byvoorbeeld in die verkeer en/of terwyl hulle oefen. Dus kan gebruikers die jongste klanklêers feitlik enige tyd geniet.

Eensgesind klanklêerprogramme en reekse

Eensgesind is opgewonde om die volgende programme te loods wat as klanklêers beskikbaar sal wees. Gaan soek gerus vir ons Klanklêerkanaal op Castbox, Soundcloud en Apple Itunes. Klik op die logo-skakels hieronder om die kanale te besoek.

 

Padlangs

Hierdie program fokus op die geheime agter elke monument wat langs Suid-Afrikaanse paaie en in die verskillende dorpe/stede skuil.

Rede uit die verlede

Elke Suid-Afrikaanse vraagstuk het ‘n historiese bron van oorsprong, maar bitter min mense soek na die begin van ‘n probleem om vas te stel waarom die teenswoordige bevolking met die probleem stoei. Rede uit die verlede nooi deskundiges van die verskillende geskiedenisvelde om die nodige diagnoses te maak, sodat ‘n moontlike oplossing gevind kan word.

Geo-Ek

Suid-Afrikaanse entrepreneurs word deesdae al hoe meer bekend met die moontlikhede van invoerbare hulpbronne uit ander dele van die wêreld. GEO-EK bied ‘n verklarende verslag oor gekose lande se moontlike hulpbronne, infrastruktuur en wat die status quo is ten opsigte van dié land se regering.

Shop Talk

Shop Talk bied die geleentheid vir reeds suksesvolle besigheidsmans en/of -vroue om hulle besigheidslesse met die res van ons te deel.

‘n Selde Gesprek

Ons gesels met dinamiese individue wat ‘n mens selde deur die loop van ons alledaagse lewe sal ontmoet. ‘n Selde Gesprek word in die langvormformaat gevoer. Dus volg die gesprek sy natuurlike gang en kan sprekers komplekse begrippe en idees volledig bespreek.

Teken gerus aan by een van klanklêerkanale en volg ons op sosiale media vir die jongste gebeure.

Deel.

Oor die Outeur

Skryf jou repliek hier